

NP van Wyk Louw skryf oor Dwaalstories: Ek het na die herlees van die boek moet erken: heel vroeg was hierdie stories vir my oulik, nie onaardig, fyn. Eers baie baie later sjarmant en fassinerend. Vandag sou ek se hierdie vier stukke is van die grootste prosa in ons taal. Vreemd tog, dat n mens dit nou se. So groei literere oordeel. Marais het hier in gesigte soms iets gesien van wat Afrikaanse kuns kan wees. Suiwerder as wat hy ooit in verse kon se. Dis prosa wat ons jong skrywer van buite moet ken en dan in geen geen enkele opsig na-aap nie.
Hardback. Afrikaans. Human & Rousseau. 1969. Used.